Ons Liefdesverhaal
Hoe Dit Alles Begin Het:
Dit het hom drie probeerslae geneem voordat hy uiteindelik 'n kans gekry het.
Drie keer het hy sy geluk beproef.
Drie keer het ek hom vriendelik (okay... glad nie so vriendelik nie) afgejak.
Teen daardie tyd sou die meeste mense die boodskap gekry het.
Maar nie hy nie...Hy het aangehou glo dat daar tog 'n kans is.
As deursettingsvermoë 'n Olimpiese sport was, het hy beslis die goue medalje gewen. Third time lucky sê hy altyd.
En toe verander alles...
Ek was duidelik blind, want op 19 Januarie 2023 het ek uiteindelik raakgesien wat ek al die tyd misgekyk het.
Die keer het ek besluit om my kans te waag en vir hom 'n Facebook boodskap te stuur.
Daardie een eenvoudige boodskap het ure se gesels geword.
Ure het dae geword.
Dae het maande geword.
En voor ons dit kon besef, het ons nie net verlief geraak nie...
Ons het ons beste vriend, ons grootste ondersteuner en ons veilige plek in mekaar gevind.
Van daardie dag af het ons geweet ons storie het nog maar net begin
God se perfekte plan...
Party mense sal sê dit was Facebook.
Ander sal sê dit was perfekte tydsberekening.
Maar ons weet dit was soveel meer as dit.
Lank voordat ons mekaar gevind het, was God reeds besig om ons liefdesverhaal te skryf.
In Sy volmaakte tyd het Hy twee mense, met dieselfde hoop, dieselfde gebede en dieselfde droom vir die toekoms op die mooiste manier bymekaar uitgebring.
Hy het 'n eenvoudige Facebook boodskap verander in 'n liefde wat ons vir altyd sal koester.
Vandag vier ons dus nie net ons liefdesverhaal nie.
Ons vier God se goedheid, Sy trou en die ongelooflike meesterstuk wat Hy geskep het toe Hy ons paaie laat kruis het.
Ons is ongelooflik dankbaar dat Hy ons na mekaar gelei het en ons kan nie wag om die res van ons lewe saam aan te pak nie.
En nou is dit julle beurt om deel te wees van ons volgende hoofstuk.
Merk die datum, druk die RSVP knoppie en kom lag, dans en feesvier saam met ons die begin van ons vir altyd.
Ons sien uit om hierdie spesiale dag saam met elkeen van julle te deel.
Inligting
Inligting rondom ons spesiale dag
- DATUM: 31 Oktober 2026
- TYD: 14:30 vir 15:00
- RSVP: 31 Augustus 2026
- DRAG: Formeel
- VENUE: Deannie Landgoed

Tydlyn
Spesiale Geleenthede
Trouregister
ñ Geskenk is mooi, dit weet ons wel, maar 'n geldjie help ons net soveel. Spaar jou voete die winkelstap, ons koop dit self stap vir stap.





Nabygeleë Besienswaardighede
Wynproe
Naby Verblyf
Aanbeveel




VENUE
KAART & LIGGING
- Deannie Landgoed
- Vlaeberg Road, Stellenbosch, 7600
- Kontantlose Stigting
- GEEN Drankies Van Buite Toegelaat
- www.deannielandgoed.co.za
MOET WEET
Wat is die kleredragkode?
Om ons kleurtema besonders te hou, vra ons vriendelik dat gaste asseblief geen wit, gebroke wit (off-white) of enige skakering van groen dra nie.
Baie dankie dat julle ons hiermee help.
Hoe laat moet ek daar wees?
Die seremonie begin stiptelik om 15:00, en ons vra vriendelik dat gaste asseblief 15 minute vroeër arriveer om rustig hul sitplekke in te neem.
Die kroeg is oop een uur voor die seremonie, en gaste is welkom om vooraf drankies op die dek te geniet voordat die seremonie begin.
Ontkoppelde seremonie
Ons is bevoorreg om ’n professionele fotograaf te hê wat ons spesiale dag vasvang, en ons vra vriendelik dat gaste hul selfone en kameras tydens die seremonie wegpak en die oomblik saam met ons geniet.
Ons wil graag hê almal moet ten volle teenwoordig wees terwyl ons hierdie betekenisvolle geleentheid saam vier.
Foto’s en video’s tydens die onthaal is natuurlik meer as welkom.
Kroegbeleid
Neem asseblief kennis dat Deannie Landgoed ’n streng beleid handhaaf rakende geen buitekos of drankies nie.
Die venue beskik oor ’n volledig gelisensieerde en goed toegeruste kroeg vir die gerief en genot van alle gaste.
Neem ook asseblief kennis dat die kroeg kontantloos funksioneer, en kaartbetalingsgeriewe deur die geleentheid beskikbaar sal wees.
Parkering
Gratis parkeerplek sal op die perseel beskikbaar wees vir alle gaste.
Parkeerbeamptes sal beskikbaar wees om u met aankoms te verwelkom en te help met aanwysings vir ’n gemaklike en vlot ervaring.
Onthaaltyd
Ons onthaalviering eindig om 23:30.
Ons hoop julle sal saam met ons dans, vier en elke spesiale oomblik geniet tot en met die heel laaste liedjie.
Drankies En Kroeg
Voordrankies is op ons — daarna sal drankies vir eie rekening wees.